Tierbevolking in Nepal het verdriedubbel 

Nepalese owerhede het aangekondig dat die land se wilde tierbevolking byna verdriedubbel het sedert 2009. Data wat in die Asiatiese land se Nasionale-tier-en-prooi-opname ingesamel is, wys daar is nou 355 van die bedreigde diere in Nepal. Dit word toegeskryf aan die beskerming van sleutel-tier-habitatte en -deurgange, asook vennootskappe met plaaslike gemeenskappe en wetstoepassing teen stropery en onwettige handel in wild. Die Wêreldnatuurfonds sê dit bewys dit is moontlik om ‘n spesie vanaf die rand van uitwissing te red.