DA: SA vroue moet in boubedryf bemagtig word

Die DA in die Wes-Kaap sê Suid-Afrikaanse vroue se reg op gelykheid en billikheid, soos vervat in die Grondwet, word steeds nie ten volle verwesenlik nie. Daar moet meer gedoen word in gebiede soos die boubedryf om vroue te bemagtig. Matlhodi Maseko van die DA sê regeringsprojekte, soos ontwikkel deur die provinsiale departement van menslike nedersettings, is deurslaggewend in die bemagtiging van vroue en om te verseker vroue verkry toegang tot die manlik-oorheersde nywerhede.