Proteas vol vertroue vir toetsreeks teen Engeland

Krieket: Die Proteas se fokus verskuif nou na toetskrieket na welslae in die witbal-reekse teen Engeland en Ierland. Suid-Afrika en Engeland pak mekaar in drie toetse, met die eerste een wat volgende Woensdag op Lord’s in Londen begin. Die afrigter, Mark Boucher sê die vierdaagse opwarmingswedstryd teen die Engelse Leeus wat môre in Canterbury begin, is goeie voorbereiding.