Theissen gesels oor fietsry en veiligheid

Die president van die Namibiese Fietsry-federasie Axel Theissen het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle nou saamwerk met owerhede om veilige traproetes vir fietsryers te bewerkstellig. Na die gru-ongeluk Woensdagoggend wat die dood van die rugbylegende Gerhard Mans snr. veroorsaak het, het Kosmos 94.1 Nuus weer met hom geskakel om die jongste in die verband te kry.