SA steeds Namibië se grootste handelsvennoot

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelsyfers vir Maart bekend gemaak. Suid-Afrika is steeds die land se grootste handelsvennoot met 44,2 persent van die aandeel vir die  maand. Die agentskap sê diamante, anorganiese chemiese elemente, koper en goud was die top kommoditeite wat gedurende die maand uitgevoer is, met vis wat die enigste nie-minerale kommoditeit was.