Tennis: Federer herdenk 30ste Halle Ope

Tennis: Die grasbaan-seisoen is in volle swang voor Wimbledon, wat op 3 Julie gaan afskop. Een van die opwarmings-toernooie wat tans gespeel word, is die Halle Ope in Duitsland. Dit is die 30ste herdenking van hierdie toernooi. Iemand wat uiters suksesvol daar was, is Roger Federer, wat die trofee ‘n rekordgetal van 10 keer verower het voor sy uittrede verlede jaar.