Tenk-bystand aan die Oekraïne kan ‘n verskil maak – kenner

‘n Politieke ontleder het sy reaksie gegee op Duitsland wat na weke van onwilligheid ingestem om Leopard 2-tenks na Oekraïne te stuur. Kiëf hoop dat die tenks die land ‘n voorsprong sal bied in sy oorlog teen Rusland. Duitse kanselier Olaf Scholz het tydens ‘n kabinetsvergadering die besluit aangekondig om 14 tenks te stuur, en ander lande toe te laat om tenks te stuur. Amerikaanse President Joe Biden se administrasie stuur 31 Abrams-tenks. Suid-Afrikaanse politieke ontleder, professor Andre Duvenhage gesels oor wat die bystand sal beteken.