Aussie Ope: Russiese ondersteuners met vlae, ondervra

Die polisie in Victoria het vier ondersteuners by die Australiese Ope ondervra oor wat hulle as onvanpaste vlae en simbole beskryf. Dit het gevolg ná die kwarteindstryd tussen Andrey Rublev van Rusland en die toernooi-gunsteling, Novak Djokovic. Tennis Australië het nie besonderhede gegee nie, maar ‘n video op sosiale media wys hoe ‘n aanhanger ‘n Russiese vlag omhoog hou met president Vladimir Putin se foto daarop. Russiese en Belarussiese vlae is verbied ná ‘n klagte deur Oekraïne se ambassadeur in die land.