Tedros vra om verskoning

‘n Onafhanklike kommissie het ondersoek ingestel na seksuele misdrywe van die Wêreldgesondheidsorganisasie se personeel in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Slagoffers het ook voor die kommissie getuig. Die WGO lok reeds ‘n geruime tyd kritiek uit in die verband en is ook beskuldig daarvan dat sy personeel skuldig is aan verkragting in die Sentraal Afrikaanse Republiek en het in Haiti ‘n mensehandel-sindikaat bedryf. Die hoof van die organisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus sê skuldiges sal vervolg word.