Te vroeg om te sê of Brittanje op 21 Junie alles ophef

Die Britse minister van gesondheid Matt Hancock het aan media gesê dit is te vroeg om te sê of die inperkings finaal gelig sal word op 21 Junie. Hy sê die sogenaamde delta-variant, wat die eerste keer in Indië opgemerk is, het ‘n noemenswaardige impak op die pandemie in die Verenigde Koninkryk gehad en is volgens hom, tans die dominante vorm van die virus in Engeland. Hancock sê hy sal die week met die eerste minister Boris Johnson vergader en die jongste data hersien voor daar ‘n besluit gemaak word.