Covid: gevalle styg, herstelkoers val terug na 89%

Daar is 650 nuwe Covid-gevalle uit 2 328 toetse bevestig. Windhoek alleen het 263. Rehoboth het 82 met Gobabis en Swakopmund op 46. Daar is 101 leerders, 21 studente en 23 gesondheidswerkers in die groep. Aktiewe gevalle is tans op 5 752 met 150 pasiënte wat herstel het. Ses sterftes is ook bevestig. ‘n Totaal van 321 pasiënte is in die hospitaal met 57 in hoësorg. Die herstelkoers is op die oomblik op 89 persent, af van 95 persent. ‘n Totaal van 75 977 persone is ingeënt.