SA staatsamptenare gaan staak

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare het kennis gegee van ‘n staking omdat die regering volgens hulle loongesprekke doelbewus vertraag. Die onderhandelinge met die meerderheidsvakbonde is Vrydag hervat, met vakbonde wat ‘n loonverhoging van sewe persent eis, terwyl die werkgewer ‘n nul-persent verhoging voorstaan. Die PSA het verlede maand ‘n dispuut verklaar, maar die partye kon oor sekere aspekte, onder meer jurisdiksie, geen ooreenkoms bereik nie. Die 30-dae-spertyd vir die partye om die dispuut op te los, verstryk eerskomende Vrydag.