Tax Justice SA: Styging in sondebelasting lei tot onwettige handel

Tax Justice South Africa waarsku die verhoging in sondebelasting voorspel nog groter wins vir misdadigers in onwettige handel. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede aangekondig ‘n blikkie bier of sider sal 11 sent duurder wees en ‘n bottel vonkelwyn 76-sent duurder. ‘n Bottel spiritus kos vier rand 83 sent meer en die prys van ‘n pakkie sigarette styg met een rand drie sent. Die organisasie se woordvoerder, Yusuf Abramjee, sê onwettige handel het in die afgelope twee jaar rekordvlakke bereik.