Twee Covid-sterftes in Katima Mulilo aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes by Katima Mulilo aangemeld, asook 26 nuwe gevalle uit 1 232 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,1 persent verteenwoordig. In die groep is vyf leerders van verskillende skole, asook een gesondheidswerker. Daar is nou 2 564 aktiewe gevalle, waarvan 37 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 373 063 persone is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminsiter, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste Covid-statistieke.