Taliban verbied dwelmverbouing

Die Taliban in Afghanistan het ‘n verbod op die verbouing van dwelms in die land, die wêreld se grootste opiumprodusent, aangekondig. Volgens die bevel van die opperleier van die Islamitiese Emiraat van Afghanistan, word alle Afghane ingelig dat die verbouing van papawer van nou af streng verbied is regoor die land, het die Taliban se mees senior leier Haibatullah Akhundzada, gesê. Alle landerye moet onmiddellik vernietig word en sou iemand die wet oortree, sal hulle volgens Sharia-wette vervolg word. Dwelmbeheer is deur die internasionale gemeenskap geëis, saam met verskeie ander kwessies wat vroueregte insluit.