Wydlopende reaksie op dooie burgerlikes in Bucha, Oekraïne

Wêreldleiers het met afgryse gereageer op bewyse van moorde wat voor die voet deur Russiese magte in die Oekraïnse dorp Bucha gepleeg is. Die bloedbad het bekend geword toe Russiese soldate onttrek het, ná ‘n mislukte poging om die hoofstad Kiëf te omsingel. Volgens verskeie berigte is die liggame van minstens 20 mans in een straat in die dorp gevind en van hulle was vasgebind. ‘n Massagraf met 300 mense in is ook gevind. NAVO se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, beskryf die moorde as die soort brutaliteit teen burgerlikes wat vir dekades nie in Europa gesien is nie. Die Franse President Emmanuel Macron sê Rusland sal vir dié misdade verantwoording moet doen. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het met Amerikaanse media oor die voorval gepraat.