Vermoede dat dominante Hoanib-leeumannetjies as trofee geskiet is

Die Desert Lions Human Relations Aid, bekend as DeLHRA, vermoed dat die leeumannetjie, XPL 131, oftewel Romeo, wat die dominante teelmannetjie van die Hoanib leeu-trop is, as trofee oos van Sesfontein geskiet is. Izak Smit, voorsitter van DeLHRA het sy kommer uitgespreek maar sê hulle wag steeds op bevestiging.

Sou dit wel so wees, meen kenners dit is ‘n baie groot slag vir Namibië se woestyn-aangepaste leeus omdat Romeo die dominante mannetjie in sy gebied was.