Taiwannese President: China se geweld neem nie af

China se bedreiging van geweld het nie verminder nie, het die Taiwannese President, Tsai Ing-wen, vandag gesê, al het dit gelyk of Beijing se grootste militêre oefeninge ooit om die eiland afgeneem het. China het die afgelope dae ballistiese missiele gelanseer en verskeie vliegtuie en oorlogskepe ontplooi om see- en lugaanvalle te simuleer. Dit volg ná sy woede oor die besoek van speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi aan Taiwan. China het Woensdag gesê hy sal aanhou patrollies hou, maar het verskeie take rondom Taiwan voltooi, wat ‘n moontlike einde aan die oorlogspeletjies aandui, selfs terwyl hulle druk volhou. Tsai het gesê Taiwan sal nie konflik of dispute uitlok nie.