DA: Hospitaal ongebruik ná opknapping van N$700 miljoen

Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van gesondheid is nie van plan om die Anglo Ashanti Hospitaal aan die verre Wes-Rand te gebruik nie, ten spyte daarvan dat sowat 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee is aan opknappings en die aanstel van ‘n paar personeellede. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die waarnemende LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het die departement die huurkontrak beëindig en is nie van plan om met die projek voort te gaan nie. Hy sê boonop is daar geen beplande werk vir die voorsienbare toekoms nie.