Taalmonument gaan oor Afrikaans, sê DA

Die DA is geskok oor ’n voorstel van die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, om die Afrikaanse-taalmuseum, die Taalmonument, in die Paarl in die Wes-Kaap te herdoop. Volgens berigte is die hernoeming op grond van inklusiwiteit. Die DA se Leon Schreiber sê al is insluiting belangrik, is dit van kardinale belang om nie die identiteit van kleiner tale te verloor nie: