Uutoni gesels oor behuising

Namibië het reuse-behuisingsprobleme. Die behuisingsprobleem in die land word veroorsaak deur die onbeskikbare grond en die koste van huise is heeltemal te hoog vir baie Namibiërs. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling werk egter onverpoosd om bekostigbare behuising aan Namibiërs te verskaf. Minister Erastus Uutoni, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle doen ‘n beroep op ontwikkelaars om nie te hoë pryse vir ‘n huis te vra nie. Die minister het ook gesê sy wens is dat die Nasionale Behuisingsonderneming, bekend as NHE, begin om huise te bou vir so laag as 100 000 Namibiese dollar.