Navalny sê Putin is ‘n gek, voer oorlog op leuens

Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, het President Vladimir Putin vanoggend in ‘n regstreekse hofverhoor gekritiseer en hom as ‘n gek bestempel wat ‘n “dom oorlog” in die Oekraïne op grond van leuens begin het. Navalny, verreweg Rusland se mees prominente opposisieleier, het geappelleer teen ‘n vonnis van nege jaar tronkstraf wat hy in Maart opgelê is vir bedrog en minagting van die hof. Hy ontken al die aanklagte teen hom en sê dit is gefabriseer om sy politieke ambisies te stuit.