T20-wêreldrekord wink vir Reeza Hendricks

Krieket: Die Proteas se aanvangskolwer, Reeza Hendricks, sal ‘n wêreldrekord agter sy naam kan skryf as hy vanaand in Bristol ‘n vyftigtal aanteken in die tweede T20-wedstryd teen Ierland. Hy is tans die mede-rekordhouer van vier vyftig-talle in ‘n ry, saam met vyf ander spelers, insluitend Brandon McCullum van Nieu-Seeland, die Windies-ster Chris Gayle, en Craig Williams van Namibië. Suid-Afrika het Ierland met 21 lopies geklop in Woensdag se eerste T20-wedstryd nadat Hendricks 74 bygedra het. Sy vorige drie vyftig-talle was in die reeks teen Engeland, wat die Proteas 2-1 gewen het.