Kankervereniging hou vandag Kolwyntjiedag

Die Kankervereniging van Namibië is tans besig met hul Nasionale Kanker-bewusmakingsweek wat op 1 Augustus begin het en vandag tot ‘n einde kom. Toenemende bewustheid tydens Nasionale Kankerbeheer-maand beklemtoon ook die belangrikheid van die handhawing van ‘n gesonde leefstyl, asook die bevordering van kanker-opsporing om die verskillende tipes van hierdie siekte te voorkom. Gelukkig het sterftes as gevolg van kanker vir baie jare geleidelik afgeneem. Rolf Hansen, die vereniging se uitvoerende hoof, sê aan Kosmos 94.1 Nuus vandag is Kolwyntjiedag.