China se missiele vir Taiwan tref Japannese gebied

Die Japannese minister van verdediging sê dit lyk asof vyf ballistiese missiele wat China as deel van ‘n militêre oefening in ses gebiede rondom Taiwan afgevuur het, in Japan se eksklusiewe ekonomiese sone beland het. Die oefeninge volg ‘n dag ná die speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, Nancy Pelosi, se besoek aan Taiwan. China se openbare uitsaaier, CCTV, het berig die oefening sal tot Sondag duur. Taiwan se regerende Demokratiese Progressiewe Party sê dit is onverantwoordelik om ‘n militêre oefening op die besigste internasionale waterweë en lugvaart-roetes uit te voer.