T rex was net so vinnig soos ons

Nuwe berekeninge deur Nederlandse paleontoloë skat dat die spoed van die Tyrannosaurus rex soortgelyk aan dié van mense was. Volgens ‘n nuwe studie wat in die Royal Society Open Science-joernaal gepubliseer is, sou ‘n T-rex binne ‘n uur net onder 5 kilometer afgelê het teen sy gewone stapspoed. Die hoof navorser, Pasha van Bijlert, meen hul het dit gedoen om die hoeveelheid liggaamsenergie wat bestee word te verminder, veral wanneer daar geen rede was om te hardloop nie.