Switserland vries al hoe minder Russiese bates

Switserland het Russiese bates ter waarde van 6,36 miljard Amerikaanse dollar gevries, wat ‘n groot daling verteenwoordig. In 2022 is 8,5 miljard Amerikaanse dollar se bates gevries. Dit kan verdere internasionale druk op die neutrale plaas om meer te doen om Moskou te sanksioneer oor sy inval in die Oekraïne. Switserse owerhede sê die hoofrede vir die daling is ‘n afname in die markwaarde van die aandele en ander finansiële bates.