Boeke, kopiereg vandag herdenk

Dit is vandag Wêrelddag vir Boeke en Kopiereg, ter bevordering van die vermaak van boeke en lees en om te beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om intellektuele eiendom te beskerm deur kopiereg-wetgewing. Die dood van die beroemde skrywers William Shakespeare en Miguel de Cervantes word vandag herdenk. Die direkteur-generaal van die Verenigde Nasies se organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur, Audrey Azoulay, sê boeke moet die taalverskeidenheid van die wêreld weerspieël sodat hulle aan hul doel kan beantwoord.