Florida-goewerneur onderteken aborsiewet

Die Republikeinse goewerneur van Florida, Ron DeSantis, het ‘n wet onderteken wat aborsies ná ses weke verbied. Dit volg nadat Florida se Republikeins-geleide huis van verteenwoordigers die verbod aanvaar het. Die ses weke-verbod maak voorsiening vir aborsies in die geval van verkragting of bloedskande mits die vrou dokumentasie soos ‘n polisieverslag of ‘n interdik kan toon. Internasionale media berig Florida se ses weke-verbod sal slegs van krag word indien die appèl teen die staat se huidige 15 weke-verbod slaag, in ‘n voortgaande stryd in die staat se hooggeregshof.