Swartbooi spreek koalisies aan

Die leier van die Landless Poeple’s Movement, Bernadus Swartbooi sê sy lede moet daarop gerig moet wees om gelyke verdeling van al die land se hulpbronne te verseker. Volgens Swartbooi is Namibië tans ‘n eenpartystaat en ‘n pad moet gevind word om na ‘n mensgesentreerde veelparty-demokrasie te beweeg. Hy het by sy People’s Assembly, die party se beleidskonferensie gepraat. Koalisies is ook volgens Swartbooi as ‘n goeie opsie geag om Swapo te ontsetel maar, hy beklemtoon dat die koalisies sinneloos is as daar nie doelgerigte planne is wat die koalisie aandryf nie. Strategieë en taktieke is wat toegepas moet word met betrekking tot die hantering van teenstrydighede in koalisies. Solank daar  saamgestem word oor die teorie kan dit in praktyk gebring word.