Swart Vrydag in Brittanje – dalk ‘n sombere bedryf

Brittanje se kleinhandelaars hoop dat Swart Vrydag-afslag verbruikers sal laat bestee, hoewel dit plaasvind teen die agtergrond van ‘n verergerende lewenskostekrisis en die afleiding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Britte sal 8,7 miljard pond, of 180 miljard Namibiese dollar oor die naweek spandeer volgens ontledings. Maar, daar word verwag dat Britte hul besteding sal besnoei namate stygende inflasie – wat ‘n 41-jaar-hoogtepunt van 11,1 persent in Oktober bereik het. Een ontleding toon ook dat Britse verbruikers reeds hul Kersinkopies gedoen het, terwyl ongeveer een uit elke tien beplan om die meeste daarvan tydens Swart Vrydag te doen. Kleinhandelaars regoor Europa vrees dat die algehele Kersfees-handelseisoen die ergste in ten minste ‘n dekade kan wees.