Gauteng-gesondheid ontken skuld van R240 miljoen

Die Gautengse Departement van Gesondheid ontken hy skuld die Stad Johannesburg miljoene. Burgemeester Mpho Phalatse het beweer die departement skuld die stad 240 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die departement se waarnemende finansiële hoof, Masibolekwe Ndima, sê die huidige rekening by die stad is op datum. Hy sê die fondse hou verband met ‘n ou kwessie oor die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal en die hospitaal vir tropiese siektes oor ‘n geskil oor water- en sanitasierekeninge en ‘n gedeelde meter: