Ramaphosa gesels oor benoemings, Phala Phala

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hy het die party se verkiesingskomitee in kennis gestel dat hy die benoeming aanvaar om ‘n tweede termyn te dien. Hy is deur 2 037 takke reg oor die land benoem teenoor die voormalige minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, se 917. Ramaphosa het die media toegespreek oor sy staatsbesoek van twee dae aan die Verenigde Koninkryk. Hy het die party se deursigtige benoemingsproses in aanloop tot volgende maand se verkiesingskonferensie, geloof:

Intussen sê Ramaphosa hy is nie bekommerd dat die onafhanklike paneel se bevinding oor Phala Phala sy presidentskap kan beëindig nie. Die paneel moet vasstel of daar grond is vir ‘n ampsklag teen hom oor die diefstal op sy plaas in Limpopo. Ramaphosa sê hy vertrou Suid-Afrika se demokrasie en instellings: