Swapo sê oor Phil se lidmaatskap

Daar is nog geen uitsluitsel oor die Swapo-lidmaatskap van die omstrede Phil Ya Nangoloh nie. Die party het geëis dat hy om verskoning moet vra aan die stigterspresident Sam Nujoma na hy vir ‘n geruime tyd skerp kritiek teenoor hom uitgespreek het. Hy het so gedoen maar, daar is nog geen woord van die party nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die party se woordvoerder, Hilma Nicanor, oor die aangeleentheid gepraat.