Ooreenkoms oor Oekraïnse graan volgende week beklink

Oekraïne, die Verenigde Nasies en Turkye het vordering gemaak by samesprekings in Istanboel wat daarop gemik is om die uitvoer van graan uit die Swartsee, wat deur Rusland geblokkeer is, te hervat en die risiko van hongersnood wat deur miljoene in die gesig gestaar word, te verlig. Daar is blykbaar meer as 25 miljoen ton graan wat nog in die Oekraïne vassit. Turkye het die samesprekings gereël en volgens berigte sal ‘n ooreenkoms volgende week onderteken word. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het die nuus verwelkom.