Swanu dreig om grond terug te vat

Die Swanu-party dreig volgens berigte om grond wat tydens die 1904 tot 1908 volksmoord verloor is te beset en terug te neem sonder vergoeding. Volgens berigte meen die party dat Duitsland ‘n openhartige gesprek oor die kwessie moet hê – met die betrokke Nama en Ovaherero gemeenskappe. Die party se politieke direkteur Issaskar Hiakaere sê die grond is gewelddadig afgevat en sal op dieselfde manier terug gevat word. Volgens hom moet ‘n dringende gesprek in die verband gevoer word. In iedere geval sê hy die grond moet terugkom na die gemeenskappe toe.