Behuising in SA net so swak soos plaaslik

Nes in Namibië het Suid-Afrika ook ‘n behoefte aan voldoende behuising. Die DA in Gauteng sê inwoners het dringend behoorlike behuising nodig, en tog maak die premier, David Makhura, steeds leë beloftes. Die party sê ‘n agterstand van ‘n miljoen huise bestaan, en slegs 30 000 behuisingseenhede word per jaar gebou. Mervyn Cirota van die DA sê die provinsiale Departement van Menslike Nedersettings wys ‘n onderbesteding van 2 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat beteken dié geld is terug na die Nasionale Tesourie: