Swakopmund is gasheer van Namibiese Erfenisweek

Namibiese Erfenisweek 2023, wat van 18 tot 24 September sal plaasvind, is vandag amptelik by die Woermannhuis-kunsgalery op Swakopmund bekendgestel. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het besluit dat ‘n plaaslike inheemse taal elke jaar gebruik sal word as deel van hul verbintenis om trots in Namibië se kulturele diversiteit te bevorder. Vanjaar word Erfenisweek aangebied onder die tema “Erfenis en Kultuur: ‘n Rotsvaste Vesting” in Namibiese gebaretaal. Namibiërs word aangemoedig om ons erfenis te vier, ons diverse kultuur lewendig te hou en om tradisies en kennis aan ons nageslag oor te dra.