Swakop hou môre vergadering vir Mondesa-inwoners

Die Swakopmund-munisipaliteit bied Sondag ’n openbare vergadering vir die inwoners van Mondesa aan. Die vergadering vind vanaf drie-uur die middag by die veeldoelige sentrum plaas. Die dorpsraad wil die bekommernisse van die inwoners aanhoor tydens die vergaderings wat vir die kusdorp gereël is. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa, die skakelbeampte gesels wat sê watter kwessies op die agenda van die vergadering is.