Oud-werkers van Agribusdev opgeneem in landbouministerie

Die landbouminister Calle Schlettwein sê sy ministerie neem minstens 32 voormalige werknemers in van die ontbinde staatsbeheerde maatskappy, die Namibiese Landbou Besigheids-ontwikkelings-agentskap, bekend as Agribusdev. Hy sê op die oomblik tree die werknemers op as ‘n ondersteuningspan vir die direktoraat landbouproduksie, voorligting en ingenieursdienste. Hy sê dit is ‘n tussentydse reëling wat ingestel is terwyl die integrerings-proses gefinaliseer word, en daar is in die begroting voorsiening vir hul salarisse gemaak. Die regering het destyds belowe dat geen werksgeleenthede verlore sal gaan nie. Schlettwein sê ook die sowat 285 werknemers by die groen-skemas sal oorgeneem word deur die inkomende diensverskaffers wat die projekte sal oorneem.