Oud-goewerneur van Arkansas sê Trump moet onttrek as kandidaat

‘n Voormalige Republikeinse goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Arkansas, Asa Hutchinson het oudpresident Donald Trump gevra om as presidentskandidaat vir 2024 te onttrek nadat Federale aanklaers besonderhede oor Trump se klagstaat bekend gemaak het. Hutchinson sê Trump het die Grondwet geskend en het geen respek vir regsoewereiniteit nie. Die meeste Republikeine het tot dusver ‘n wag-en-sien-houding ingeneem oor die inhoud van die klagstaat oor die geklassifiseerde dokumente wat by Trump se landgoed in Florida gevind is. Die 37 strafregtelike aanklagte, behels onder andere Trump se hantering van hoogs geklassifiseerde dokumente wat verband hou met kern-inligting en dat hy nasionale veiligheid in gevaar gestel het.