Swakop-begroting: So lyk die komende projekte

Die Swakopmund-munisipaliteit se begroting vir die 2023/24-boekjaar fokus op beleggings in water- en sanitasie-infrastruktuur waarvoor 40 miljoen Namibiese dollar begroot is. Dit is deel van die raad se 685 miljoen dollar algehele begroting, wat ‘n bedryfsbegroting van meer 527 miljoen dollar en ‘n kapitaalbestedings-begroting van 158 miljoen dollar insluit. Die kusdorp se skakelbeampte Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus oor die toekomstige ontwikkelings gepraat…