Namibië is gasheer vir groot lugvaart-konferensie volgende jaar

Windhoek is in Junie volgende jaar die gasheer vir die AviaDev Afrika-konferensie. Hierdie jaarlikse forum dien as ‘n patform wat lugverbindings na, van en binne die Afrika-vasteland wil bevorder. Die forum sal verteenwoordigers van lugrederye, lughawens, toerismerade, regeringsamptenare en kundiges in die bedryf byeen bring om samewerking en strategiese vennootskappe te bevorder wat nuwe lugroetes regoor Afrika sal vestig. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati, kommunikasie- en bemarkingsbeampte van die Namibiese Lughawens-maatskappy gesels, wat deel waarom die konferensie tot voordeel van Namibië sal wees.