Sunak veroordeel Teheran ten sterkste

Die Britse premier, Rishi Sunak, sê Iran het probeer om die Midde-Ooste in ‘n krisis te dompel met sy aanval op Israel. Hy sê dit was roekeloos en gevaarlik. Teheran het meer as 300 missiele na Israel gelanseer, in wat volgens hulle vergelding was vir ‘n aanval op die land se konsulaat in Sirië. Sewe mense het in die voorval omgekom. Sunak het aan die Britse Laerhuis gesê met hierdie aanval het Iran weer sy ware kleure gewys: