Everton baklei vir sy punte

Everton het appèl aangeteken teen die aftrekking van twee punte vir ‘n tweede oortreding van die Premierliga se wins- en volhoubaarheidsreëls. Die span het in Februarie ook geappelleer toe tien punte van hulle afgetrek is omdat hulle die reëls oortree het. Hulle is verlede week weer beboet nadat hulle erken het hulle het hul toegelate besteding van ‘n 3,4 miljard Namibiese dollar verlies oor drie seisoene met sowat 390 miljoen dollar oorskry. Die Premierliga sê hul appèl sal dringend aangehoor word en die uitslag sal voor afloop van die seisoen bekend wees.