Covid-hulplyn gestig om Namibiërs met inligting te help

In hierdie tye van nood tydens die Covid-pandemie moet die samelewing saamstaan vir ‘n gemeenskaplike doel. Dr. Fourie van den Berg, leraar van die NG Kerk Eros-gemeente in Windhoek, sê in hierdie moeilike tye het mense goeie raad en inligting nodig. Van den Berg en sy medewerkers in samewerking met die Namibiese gesondheidsministerie, is besig om ‘n 24-uur Covid-hulplyn te stig om inligting te verskaf. Van den Berg het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is op soek na professionele mense wat wil help.