Suid-Afrikaners gaan lenings aan vir kos: FinMark Trust

‘n Nuwe verslag van FinMark Trust onthul 40-persent van Suid-Afrikaanse volwassenes moet geld leen om kos te koop met lewenskoste wat die hoogte inskiet. Die studie dui ook aan 68-persent van Suid-Afrikaners kry maatskaplike toelaes, wat nie basiese behoeftes dek nie, met die kindersteuntoelae wat aansienlik onder die voedsel-armoedelyn is. Daarby word net 24-persent van Suid-Afrikaners geklassifiseer as finansieel gesond, wat dui op ‘n verswakkende finansiële landskap.