Suid-Afrika hou China se Covid-gevalle dop

Die gesondheidsdepartement in die buurland sê dit is nog nie nodig dat Suid-Afrika alarm maak te midde van toenemende gevalle Covid-19 in China nie. Die departement bevestig daar is geen beperkings op reisigers wat van China af die land binnekom nie. Suid-Afrikaners word egter aangemoedig om steeds teen die dodelike virus in te ent. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale gee die versekering dat hulle die situasie in China en elders fyn dophou. ’n Waarskuwing sal volg indien die land bykomende voorsorgmaatreëls moet tref.