Tussenverkiesing van Moses //Garoeb-kiesafdeling môre

Die hoofverkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië, Theo Mujoro, het inwoners van die Moses //Garoeb-kiesafdeling in Windhoek aangemoedig om môre in groot getalle aan die komende tussenverkiesing deel te neem. Die tussenverkiesing is genoodsaak weens die dood van die kiesafdelings-raadslid, Aili Venonya, in Oktober 2022. Mujoro sê dit is jammer dat die tussenverkiesing plaasvind terwyl van die inwoners nog met vakansie is, en hy hoop is dat hulle betyds terug sal wees om te stem. Ná Venonya se afsterwe, het die kiesafdeling geen raadslid gehad nie. Die Verkiesingskommissie is gereed vir die tussenverkiesing en voertuie is reeds aan kiesbeamptes uitgereik.