Tennis: Francis Tiafoe is ster van United Cup

Tennis: Die eerste United Cup-toernooi het die beste mans- en vrouespelers byeengebring met 18 lande wat meegeding het in drie stede in Australië – Brisbane, Perth en Sidney. In môre se halfeindstryd speel Pole teen Amerika en Italië pak Griekeland. Amerika was tot dusver die oorheersende span en het 13 van hul 15 wedstryde gewen. ‘n Groot deel van hulle sukses is toe te skryf aan Francis Tiafoe wat onoorwonne is in al die wedstryde waarby hy betrokke was.